Anthony John Christoper (81) en sy 79-jarige vrou, Margaret Anne, is Sondagoggend dood in hul bad aangetref nadat ’n versorger van die oord na hulle gesoek het. Margaret het veelvoudige steekwonde gehad. Anthony het geen sigbare beserings gehad nie. Albei was ten volle geklee.
Volgens kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, is daar in dié stadium geen verdagtes nie. “Ons vermoed Anthony het sy vrou doodgesteek en toe sy eie lewe geneem,” sê sy.
Die polisie het die moordwapen, ’n mes, op die toneel gekry.