Dis nié dat hy hom van die oggend tot die aand aan kos vergryp het nie.
Maar ai, vertel Norman Nel (42), daardie een groot maaltyd per dag was waar dinge hand uit geruk het.
Hy het dikwels sommer drie opgehoopte borde kos direk ná mekaar geëet. Soetpampoen met baie suiker en botter. Groenbone vol room. Aartappels in olie. Rys. Of pasta, hope, hope pasta: lasagna, macaroni . . .