Op hul troudag 27 jaar gelede het Bill en Melinda Gates ’n eenvoudige geskenk van haar ouers ontvang.
Dit was ’n beeldjie van twee voëltjies wat langs mekaar sit en in die verte tuur. Melinda het dit in hul voortuin gesit.
“Ek dink altyd aan hulle,” het Melinda al oor die voëltjies opgemerk, “want ek en Bill is ook so; ons kyk in dieselfde rigting.”