Toe Conrad Otto 10 jaar oud was, het sy sig vinnig begin agteruitgaan. Die kranige jong rubyspeler en atleet van Mbombela in Mpumalanga het gehoor hy het retinale loslating (sien kassie onder) in sy linkeroog.
Boonop was die sig in sy regteroog ook baie swak, maar dokters kon nie vasstel hoekom nie.
Hy het operasie ná operasie ondergaan, maar vergeefs. Teen die tyd dat hy 11 jaar oud was, was hy wettig blind.