As jy deur Adele Vorster se woonstel stap – selfs al is sy nie tuis nie – sal jy dadelik agterkom hier woon ’n vrou wat haar lewe met bont meisiedinge vul.
Op die sitkamerbank sit ’n Teletubby, ’n teddiebeer en ’n gelapte skaap op ’n ry uitgestal. Die koffietafel is vol kerse, beelde en ’n brander vir lekkerruikolie. Winnie-the-Pooh rus op die bed.
Op die balkon, wat sy ook as studeerkamer gebruik, is die suurlemoengeel mure beplak met potblou engelvlerke, en die slagspreuk “Follow your dreams”.