Man 19 maande in Dubaise tronk oor polisie SMS verkeerd verstaan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dit was bloot ’n SMS om 'n tafel by 'n restaurant te bespreek, maar toe word ’n Britse sjef vir 19 maande in Dubai opgesluit omdat die polisie gedink het hy is ’n dwelmhandelaar.

Dit was die sjef Luke Tully (43) se lot nadat hy 'n boodskap van ’n dwelmhandelaar gekry het om ’n tafel vir 10 mense te bespreek.

Nadat die polisie dié dwelmhandelaar in hegtenis geneem en sy foon in beslag geneem het, het hulle die SMS gesien wat aan Luke gestuur is.

'n SMS om bloot ’n tafel vir 10 mense te bespreek. Maar die polisie was oortuig daarvan dit is ’n kode vir 10 g kokaïen.

Hulle het op Luke toegesak en hom emosioneel en fisiek geteister. Hulle het aan hom gesê hulle sal hom van ’n balkon afgooi as hy hulle nie vertel waar die dwelms is nie. 

Luke en twee van sy vriende is egter in Augustus weens ’n gebrek aan bewyse deur ’n regter vrygelaat. 

Maar ten spyte van die fout gaan aanklaers dié beslissing appelleer.

Luke, wat nou weer terug is by sy huis in Bishop's Stortford in Herts, Engeland, sê hy het sowat R3 miljoen (£150 000) aan regskoste bestee. 

Dié nagmerrie-ondervinding het daartoe gelei dat hy ander Britte gewaarsku het teen potensiële reise na die Verenigde Arabiese Emirate (VAE). Luke noop reisigers om eerder aan hul vryheid te dink as hulle dit oorweeg om na die VAE te gaan.

“Moenie moeite doen as jy jou vryheid waardeer nie,” het hy gesê.

En dis ook nie die enigste voorval in sy soort nie . . .

Die voormalige Britse semi-beroepsokkerspeler Billy Hood (24) is in Dubai 25 jaar tronkstraf opgelê nadat die polisie vier klein botteltjies skadelose dagga-olie in Januarie in sy motor gevind het. Dit is glo deur ’n vriend van hom in die kar agtergelaat.

Billy, wat as ’n voetbalafrigter in die VAE werk, sê hy is gedwing om ’n vals verklaring af te lê.

“Hulle het uitgespring om my in hegtenis te neem en my geboei."

Hy sê een beampte het uitgespring en ’n taser op hom gerig en gedreig om hom daarmee te skok as hy nie saamwerk nie.

Billy was nie bewus van die olie en vapestok wat sy vriend in sy werkvoertuig agtergelaat het nie. Hy wag tans op die uitslag van sy appèl.

In die VAE kan vonnisse vir dwelmhandel die doodstraf insluit, en die besit van selfs die kleinste hoeveelheid onwettige dwelms kan tot ’n vonnis van minstens vier jaar lei.

Bronne: The SunLatin TimesMetro
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!


Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees