Deel

Broer sterf ná suster uit koma kom en hom as aanvaller aanwys

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Nie net het hy sy suster wreed aangeval nie; geregtigheid het ook nie vir haar geskied nie.

Daniel J. Palmer III (55) van Wes-Virginië, VSA, is onlangs in hegtenis geneem nadat sy suster ná twee jaar uit ’n koma wakker geword het waarin sy na ’n gru-aanval was en hom as haar aanvaller uitgewys het. 

Wanda sterk steeds aan in die hospitaal. Foto: Fac
Wanda sterk steeds in die hospitaal aan. Foto: Facebook/jackson county wv sheriff's department

Wanda is in Junie 2020 “wreed aangeval en vir dood agtergelaat,” het die Jackson County-balju se kantoor in 'n persverklaring gesê.

“Daar was baie skedel- en breintrauma,” het Ross Mellinger, balju van Jackson County, aan People gesê. 

“Die wapen wat gebruik is, was waarskynlik 'n byl of kapmes,” het hy gesê.

Daniel Palmer in die hospitaal. Foto: Facebook/jac
Daniel Palmer in die hospitaal. Foto: Facebook/jackson county wv sheriff's department

'n Getuie het Daniel op sy suster se stoep gesien die aand voor die polisie by haar huis opgedaag het, maar ’n gebrek aan ooggetuies, bewyse en beeldmateriaal het die saak moeilik gemaak om te ondersoek. 

Die ondersoek het vinnig tot ’n einde gekom toe Wanda wakker word en in gebroke spraak haar broer Daniel as haar aanvaller aangewys het.  

Maar voor enige geregtigheid vir Wanda kon geskied, is haar broer dood. Sy sterk steeds in 'n mediese sentrum aan en het ’n lang pad na herstel.

Daniel is in die hospitaal dood nadat hy net sewe dae in aanhouding was. Hy was van poging tot moord en opsetlike besering aangekla. 

Hy is aan natuurlike oorsake dood, maar die oorsaak van sy dood is nie bekend gemaak nie.

“Dit was ’n stortvloed van herhalende gesondheidskwessies,” sê Ross. 

“Vanuit 'n ondersoeker se oogpunt is dit jammer dat ons nie die kans kry om die saak deur te sien nie,” sê hy.

Bronne: People, NYPost

  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot’ se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”. 
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in


heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

23 Maart 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees