Kate Wignall, ook 25 en tot voor haar diagnose 'n arbeidsterapeut van Cornwall, Engeland, is ná 'n dapper stryd teen aggressiewe melanoom-velkanker net twee weke voor haar en Ryan Dixon se troudag oorlede.
Ironies – en tragies – genoeg het die geologiestudent en laboratorium-tegnikus haar net dae voor sy haar eerste kankersimptome begin ervaar het die groot vraag gevra.
Al kon hulle nie op hul huweliksdag hul troubeloftes aan mekaar aflê nie, sal hy daardie woorde vir altyd in sy hart koester, was Ryan se boodskap by haar begrafnis.