Op die oog af is hy nét die man wat sommige vroue soek as hulle vir Boer soek ’n vrou inskryf.
Sy gesig is so oop en gul soos die landskap waar hy vandaan kom, die Klein-Karoo.
Toe Lizelle van Bloemfontein vertel sy wil nie saam met hom plaas toe gaan nie, het party kykers gedink dis ’n fout om vir so ’n oulike man nee te sê.