Dit was terloopse kommentaar wat glad nie vir haar ore bedoel was nie. Maar toe dié ma van Centurion in Desember hoor hoe ’n man in ’n winkelsentrum met ’n meisie praat, het iets binne-in haar gebreek.
“Sjoe, maar jy het vet geword oor die Desembervakansie,” het hy gesê.
Dit het ’n stortvloed emosies by Liza de Jager (51) ontketen – en die eerste keer sedert haar dogter in 2019 weens bulimie dood is, het sy gevoel sy kan – en móét – oor haar seer praat.