Hy sal sy pa onthou as ’n man wat altyd alles vir almal om hom gedoen het en niks terug verwag het nie.
Só vertel Ampie jr. (24) van Pretoria, die seun van die legendariese Paralimpiese afrigter Ampie Louw, nadat sy pa Dinsdagaand in die Vredenburg-hospitaal in die Wes-Kaap op 72-jarige ouderdom gesterf het.
“Die ding het hom hard getref,” vertel Ampie oor sy pa se stryd teen die coronavirussiekte.