Hy sit twee meter van sy dogter se vermeende moordenaar in die hof.
Dries Venter (71) van Rustenburg, Noordwes, drink elke oomblik in.
“Hy het nog vir oulaas gespeel vir tyd, maar nou is dit klaar,” sê Dries nadat sy dogter, Andrea Venter (25), se eens voortvlugtige ekskêrel Gerhard Jansen van Vuuren Dinsdag in die Johannesburge hooggeregshof vir sy moordverhoor aangemeld het.