book-icon Uitgawe 18 Augustus 2022

Despatch-inwoners: Ons lewe is hel weens die doodse stank van 'n krematorium

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Volgens die inwoners is die probleem dat die rook deur die skoorsteen én die Despatch-krematorium se dak borrel. En ’n reuk van “skroeiende hare, naels en vrot vleis” hang in die lug
Volgens die inwoners is die probleem dat die rook deur die skoorsteen én die Despatch-krematorium se dak borrel. En ’n reuk van “skroeiende hare, naels en vrot vleis” hang in die lug

Skoorstene is deel van Despatch se DNS. Dié Oos-Kaapse dorp verleen immers sy naam aan die feit dat groot volumes stene hier in hoogoonde gebak en dan na elders versend of “despatch” is. 

Vandag wys dorpenaars jou met trots die een geskiedkundige ou steenfabriek-skoorsteen wat steeds staande is. Maar vra jy hulle uit oor “daai ander skoorsteen” skuif ’n donker wolk oor hul gesigte. Want vir die gemeenskap is die enorme skoorsteen van die krematorium in Graham Bellstraat, reg langs die woongebied, ’n oogseer en konstante bron van ergernis.

’n Mens sien die skoorsteen uit feitlik elke plek in die dorp, kla inwoners. Die “ondraaglike, onuithoudbare stank” van die rook tydens verassings vul hul huise. Party sê die reuk van “skroeiende hare, naels en vrot vleis” hou hulle uit die slaap en verdryf enige eetlus. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

29 September 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in