Dié bekende paartjie gaan trou – en die ring sal jou asem wegslaan!

akkreditasie
Die paartjie het die blye nuus Sondag in die sosiale media gedeel!

Joe Jonas (28), bekroonde musikant en akteur, het sy meisie van die afgelope jaar gevra om hom die eer te doen en sy vrou te word.

Sophie Turner(21), Joe se verloofde, is nie ’n vreemde gesig op die kassie of silwerskerm nie, nee. Sophie vertolk die rol van Sansa Stark in die bekroonde reeks Game of Thrones.

Foto: Getty Images

Beide Joe en Sophie het Sondag dieselfde foto op hul Instagram gelaai met dié onderskeie inskrywings.

Joe skryf “ Sy het ja gesê”.

She said yes.

A post shared by J O E J O N A S (@joejonas) on

Sophie se inskrywing lui: “Ek het ja gesê”.

I said yes.

A post shared by Sophie Turner (@sophiet) on

Luidens berigte is die paartjie sedert 2016 in ’n verhouding.

Die paartjie het glo in September ’n hondekind saam aangeneem berig E!Online.

Sophie het ’n foto van haarself en die nuwe toevoeging tot die familie op Instagram gedeel.

Meet the newest addition to the krew @porkybasquiat ??

A post shared by Sophie Turner (@sophiet) on

Gelukwense vir die twee, wat klaarblyklik die skoot hoog deur het, het in die sosiale media ingestroom.

Die paartjie se verlowing kom slegs ’n maand ná Sophie se mede Game of Thrones akteurs, Kit Harington en Rose Leslie, ook besluit het om die strop om die nek te kry.

Troukoors loop oënskynlik hoog op die Game of Thrones stel – geluk julle!

Bronne: E!Online, The Sun, BBC News

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees