Dis ’n stryd wat baie mense maar te goed ken. Keer op keer probeer jy daai vetjies afskud – net om weer ontnugter te word.
Só was dit ook vir die ses deelnemers in VIA se splinternuwe program Die groot afskud, want ná jare se stryd met die skaal kon hulle net nog nooit daarin slaag om die oorhand te kry nie.
Maar nou het hulle vir die eerste keer ooit die ondersteuning en hulp van ’n span kundiges: die fiksheidsinstrukteur Olivia Losper, die dieetkundige Minette Röth en die sielkundige Dewald Louw.