Die ongelooflike oomblik toe ’n fietsryer wat deur ’n bus omgery is, opstaan en wegstap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Verstommende beeldmateriaal wys hoe ’n bus se wiel ’n man tref. Hy verdwyn onder die voertuig, verskyn dan weer, stof homself af en stap weg.
Hierdie ongelooflike beeldmateriaal wys die oombli
Hierdie ongelooflike beeldmateriaal wys die oomblik toe ’n man deur ’n buswiel getref word. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Die Argentyn Aldo Medina is omstreeks eenuur die middag op 4 Oktober in die distrik La Consulta in die Mendoza-provinsie raakgery.

Sekuriteitsbeeldmateriaal van die voorval wys hoe Aldo ’n sebraoorgang langs die bus oorsteek. 

Wanneer die ligte groen raak, begin die busbestuurder die voertuig regs draai sonder dat hy Aldo langs hom opmerk. Die bus stamp Aldo van sy fiets af, en die bus se voorwiel ry reg oor hom.

Die passasiers kyk in afgryse hoe Aldo heeltemal onder die bus verdwyn.

Verbasend genoeg kom Aldo ná ’n paar oomblikke onder die bus te voorskyn. Hy lyk taamlik ongedeerd buiten dat hy ’n bietjie mank loop. 

Hy stap dan sonder hulp na die sypaadjie terwyl hy hom afstof. 

Die nuuswebtuiste TN berig verskeie ooggetuies het hulle na Aldo gehaas om hom te help en het die nooddienste ontbied. ’n Ambulans het later opgedaag, en die paramedici het Aldo behandel en as ’n voorsorgmaatreël vir hom ’n nekstuk aangesit.

TN berig Aldo het vir die plaaslike media gesê: “Die bus het my omgestamp en my toe onder ingesuig. Ek kon na die middel beweeg en keer dat die agterwiel my vergruis. Gelukkig het die bus nie vinnig gery nie.

“Die busbestuurder is eintlik ’n goeie pel van my. Hy is ’n goeie ou en bekend in Consulta.”

Aldo sê x-strale toon hy het ’n besering aan sy bekkengedeelte, en sy bene is pimpel en pers.

“Ek het baie kneusplekke aan my bene gehad, maar gelukkig het ek herstel en nou moet ek net aanhou pynmedisyne drink.”

Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees