Een het glo sy vrou en dogter in hul bed doodgesteek voor hy homself gehang het; nog een het na bewering sy gesin en homself geskiet.
Dan was daar die sterfte weens ’n dodelike “babelaskuur” gemaak van ’n giftige padda. Sewe raaiselagtige “gesin- en selfmoorde” sedert Januarie vanjaar, met die lyke gesaai van Spanje tot in Moskou.
Die slagoffers het een ding in gemeen: Almal was skatryk Russiese oligarge met ’n sinistere “vriend” in die Kremlin: pres. Wladimir Poetin. O, en die eerste sterfte was op die vooraand van Rusland se oorlog in Oekraïne . . .