As jy Jeff Bezos se selfies aan boord van ’n plesierboot in Sint Bartholomeus sien, sal jy twee keer kyk.
Met sy sonbril aan en ’n stywe bont hemp wat lyk of dit aan sy 58-jarige lyf getatoeëer is, het die Amazonbaas meer soos ’n rapper gelyk as ’n sakeman wat in skakerings van beige bekendheid verwerf het.
Agter sy nuwe voorkoms sit die beeldskone brunet wat om hom gedrapeer was op die 27 m lange boot Tender To – ’n vaartuig wat teen $42 000 (R630 000) per week te huur is.