Die lewe in SA het radikaal verander sedert die president op 23 Maart aangekondig het dat landwye inperking vir drie weke gaan duur; dié tydperk is intussen met nog twee weke verleng tot 30 April.
Pres. Ramaphosa het gesê dis duidelik dat die lockdown ’n aansienlike bydrae gelewer het om die verspreiding van die virus te help bekamp.
Hy het ook ’n beroep op mense gedoen om geduld te beoefen tydens die pandemie, om sterk en gefokus te bly.
Vanaf 1 Mei word mense versoek om maskers te dra wanneer die huis om watter rede ook al verlaat moet word.
Ramaphosa: Beyond Thursday 30 April we will implement a risk adjusted strategy to take a deliberate and cautious approach to ease lockdown restrictions.
— Mandy Wiener (@MandyWiener) April 23, 2020
There are to be 5 risk levels. They will be in descending order of risk... 5 will be the most serious response needed, with level 1 the least serious. South Africa is currently at level 5 #SABCNews #Covid19inSA #CoronavirusInSA
— Arabile Gumede (@ArabileG) April 23, 2020
Vanaf Vrydag, 1 Mei, sal die risikovlak van 5 na 4 aangepas word.
Breakdown on the various #Shutdown level objectives ——> pic.twitter.com/qdo1eEefsg
— Karyn Maughan (@karynmaughan) April 23, 2020
Sommige besighede sal toegelaat word om weer oop te maak. Streng voorwaardes sal egter geld.
Dié besighede moet in fases open.
Sigarette mag ook weer verkoop word.
BREAKING From Friday 1 May we will drop to level four. Some activity will be allowed to resume subject to measures. Some businesses will be allowed to resume operations under specific conditions, detailed protocols.
— Mandy Wiener (@MandyWiener) April 23, 2020
Besighede sal aangemoedig word om ’n van-die-huis-werk-strategie so ver as moontlik in plek te stel.
Pres. Ramaphosa: grensposte bly gesluit op vlak 4. Sigarette sal verkoop mag word. #eNuus @eNCA @kykNETtv @kykNETkie
— eNuus (@eNuus) April 23, 2020
Daar mag nie tussen provinsies gereis word nie, buiten in gevalle van begrafnisse of waar goedere vervoer moet word.
Volg Huisgenoot op Instagram, Twitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.