book-icon Uitgawe 10 September 2020

Driehoek-hoof trek na huisie by die see – maar die seer bly

akkreditasie
Hein in 2019 voor die betonloopbrug wat ineengestort het. Foto: PapI Morake
Hein in 2019 voor die betonloopbrug wat ineengestort het. Foto: PapI Morake

Die man wat so breed vir die kamera glimlag terwyl hy op Mosselbaai met ’n glykabel oor die see ry of op Tergniet se uitgestrekte kuswaters uitspan, lyk of hy geen sorge op aarde het nie.

Ja, beaam hy, hy hoor deesdae gereeld van vriende en familie dat hy soveel gelukkiger lyk. Dis nou byna 20 maande sedert hy in Februarie verlede jaar deur die loopbrugtragedie by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark verpletter is. Toe het dit gevoel asof sy geluk vir ewig saam met sy geliefde leerders onder die vallende beton gesterf het.

Maar die tyd het algaande sy geestelike wonde begin genees. En vandag kan die 61-jarige Hein Knoetze, afgetrede hoof van die skool, eindelik sê hy het uit die puin opgestaan.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

3 Februarie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees