“My grootste bekommernis is dat sy gaan vrek omdat sy nie behoorlik kan eet nie en dat sy dalk kanker of gangreen in die been kry,” vertel Munnik Marais, hoofbeampte van die welsynsorganisasie Southern Africa Animal Cancer Association (SAACA), aan Huisgenoot.
“Sy het tydens die inperking by die Carousel-wildtuin seergekry weens ’n strooptog wat misluk het,” sê Munnik.
Die Carousel se veldwagters het haar gered. Ongelukkig is niemand nog aangekeer nie, vertel Munnik. “Maar sy kon darem van ’n gewisse dood gered word.”