Dis die begin van haar gr.10-jaar, ’n tyd in ’n tienermeisie se lewe wat vol pret, drome en nuwe ervarings moet wees.
Maar wat is die beeld wat in die toekoms die 15-jarige Kristin Govender se gesin altyd van dié jaar sal bybly?
Die toneel by ’n renstelonderneming in ’n Durbanse winkelsentrum, waar een van die karretjies eenkant staan met spatsels van Kristin se bloed aan weerskante. Hul dogter wat eenkant lê met haar kop verbind.