Annie Sprinkle en Beth Stephens, wat as ekoseksueel identifiseer, het onlangs op televisie in Engeland verskyn om hul passie vir die natuur te verduidelik. Die vroue, wat lewensmaats is en in San Francisco in Amerika woon, sê hul verhouding met die natuur is so intiem dat hulle selfs "liefde maak" daarmee.
“Die eenvoudigste beskrywing is dat ’n ekoseksuele mens die aarde liefhet,” het Beth tydens hul onlangse verskyning in die ITV-program This Morning verduidelik. Annie het bygevoeg hulle is in ’n romantiese verhouding met die planeet.
“Ons beskou die aarde as ons minnaar en ons geniet al die sensuele genot wat die aarde bied.”