Egskeiding gee dié ouma oemf – kyk hoe lyk sy nou op 65

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sy was op haar ongelukkigste in die tyd toe haar 50’s begin naderkruip het: Haar huwelik was aan die verbrokkel; sy was onfiks en ongesond – en doodeenvoudig nie meer lus vir die daaglikse eise wat aan haar gestel is nie.
ouma
Lesley Maxwell lyk op 65 beter as wat sy op 30 gelyk het. Foto: lesleymaxwell.fitness/caters news agency/magazinefeatures.co.za

Toe ontdek Lesley Maxwell van Melbourne, Australië, haar liefde vir oefen – en vandag, op 65 jaar oud, is sy fikser en gesonder as wat sy in haar 30s was. Sy het nog nooit so goed gevoel nie, sê Lesley. Nie fisiek óf emosioneel nie.

“Ek het nog altyd in fiksheid belanggestel, maar ek was maer met ’n gebrek aan spiere,” vertel Lesley. “Ek het (in my laat 40s) van my man geskei en angstigheid ervaar. My dokter het vir my Valium voorgeskryf. Ek het dit vir twee weke gedrink, maar ek het gevoel dit was ’n kitsoplossing – daar moes iets beter wees.”

ouma
Haar egskeiding het haar die oemf gegee om aan haar lyf te werk. Foto: lesleymaxwell.fitness/caters news agency/magazinefeatures.co.za

Die antwoord? Oefening! 

“Ek het die medikasie gestaak en my energie op oefening met gewigte ingestel,” onthou sy. “My angs het begin verdwyn en ek was in ’n positiewe gemoedstoestand.”

Toe sy haarself later nie meer van die gimnasium kon weghou nie, het Lesley ’n kursus in persoonlike afrigting voltooi.

ouma
Lesley Maxwell het nog nooit so goed gelyk nie. Foto: lesleymaxwell.fitness/caters news agency/magazinefeatures.co.za

“Ek was geïnspireerd toe ek ’n fiksheidskompetisie sien,” verduidelik sy. “Ek was ook nuuskierig oor hoe die deelnemers hulle voorkomste behaal – wat nodig is en waarvan mens moet wegbly. Dis waar my fiksheidsreis eers werklik begin het, een wat later ’n passie geword het.”

Lesley, wat deesdae ’n persoonlike afrigter is, wys graag vir mense hoe hulle tot diep in hul 50s en 60’s hul lewe kan verander. Sy sê dit maak nie saak hoe oud jy is wanneer jy begin oefening doen nie. 

ouma
Lesley is deesdae ’n persoonlike afrigter. Foto: lesleymaxwell.fitness/caters news agency/magazinefeatures.co.za

Trouens, jy kan selfs in jou 60s bikinikompetisies wen – nes Lesley het.

“Ek het kort ná my kursus aan my eerste bikiniwedstryd deelgeneem en dit gewen. Ek neem sedertdien konstant deel, al is ek nou in my 60s. Ek’s immers nou fikser en gesonder as ooit.”

ouma
Sy het selfs bikinikompetisies gewen. Foto: lesleymaxwell.fitness/caters news agency/magazinefeatures.co.za

Sy sê dit het destyds vir haar gevoel of die samelewing dink vroue se lewe is ná ’n sekere ouderdom verby.

“Dit was uitdagend om my huwelik in my 40s te verlaat, maar ek het later eers geleer die lewe begin dan eers.” Wat is haar geheim?

“Ek het uitgevind ek kon ’n jonger, sterker lyf skep deur gewigsoefeninge te doen en die regte kos te eet, en dit is presies wat ek gedoen het,” verduidelik sy. 

ouma
Lesley behaal haar ongelooflik gedefinieerde lyf deur vyf keer per week 45 minute te oefen. Foto: lesleymaxwell.fitness/caters news agency/magazinefeatures.co.za

“Ek het toe ’n wêreldtitel in New York gewen en meer onlangs die bikini-kompetitisie in 2019 in die oop kategorie wat ek ook gewen het. My geheim tot gesond en sterk wees, is om konsekwent te wees met oefening, want dit is een van die belangrikste dele van fiksheid; voedende kos is noodsaaklik – ek vermy koring, suiker en preserveerrmiddels, en sorg dat ek genoeg proteïen en goeie vette eet.”

ouma
Sy sê dit het destyds vir haar gevoel of die samelewing dink vroue se lewe is ná ’n sekere ouderdom verby. Foto: lesleymaxwell.fitness/caters news agency/magazinefeatures.co.za

Lesley behaal haar ongelooflik gedefinieerde lyf deur vyf keer per week 45 minute lank te oefen. 

“Ek doen hoofsaaklik gewigsoefeninge, maar ek gaan stap ook op die strand, swem kort rukkies vir kouewaterterapie en ek rolskaats graag. Ek kan doen wat ek wil. En dis wonderlik om gesond en sterk te voel, want ons lyf is ons belangrikste besitting omdat dit die middel is wat ons deur die lewe vat.”

ouma
Sy werk baie hard om haar lyf sterk te hou. Foto: lesleymaxwell.fitness/caters news agency/magazinefeatures.co.za

Haar raad? Begin net êrens!

“Ek dink vroue word meer as mans geoordeel oor hul ouderdom en hoe hulle lyk. Daarom wil ek hê ander vroue moet die vertroue hê om die lewe te geniet pleks van dink die lewe is verby nadat jy 50 geword het. Na my mening is daar twee maniere van oud word: chronologies en biologies. Die wete dat jou lyf fiks en gesond is, is die grootste rykdom.”

Jongste uitgawe

9 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees