“Dis die einde van die pad vir Bylsma.”
Só het Ronnie Hough, Sharnelle se pa, Donderdagoggend aan Huisgenoot gesê nadat hy pas verneem het Xander Bylsma (22) het nou geen ander keuse as om sy dubbele moordvonnis agter tralies deur te bring nie.
“Dit was ’n vroeë Kersgeskenk, maar ons was dit ook te wagte gewees dat hy nie suksesvol sou wees nie,” sê Ronnie beslis. “Alle roetes is uitgeput nou. Die staat se saak was waterdig.”