Dit was 1999 toe Hu Jun (46) uit haar dorpie, Yunyang, na ’n provinsie elders in die uitgestrekte China verhuis het om in ’n fabriek te gaan werk wat juweliersware vervaardig.
Maar volgens die Chinese nuusagentskap, Red Star, het Hu die vel papier met haar familie se telefoonnommer op verloor. En toe haar familie later deur die regering uit hul huise gedwing word om plek te maak vir die konstruksie van die Drieklowedam, het sy heeltemal kontak met hulle verloor.
“Ek het probeer briewe stuur, maar almal het teruggekom omdat die ou adres nie meer geldig was nie,” het Hu vertel.