Ek het by ’n konsert in kraam gegaan – toe verras Metallica my

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Metallica-sanger James Hetfield het ’n aanhanger stomgeslaan toe hy haar bel om haar geluk te wens nadat haar babaseuntjie tydens dié heavy metal-rockers se konsert gebore is . . .
Die hospitaalpersoneel..
Foto: CEN/Magazinefeatures.co.za

Joice Figueiro, ’n Brasiliaanse tatoekunstenaar, se baba is gebore terwyl die groep besig was om een van hul grootste treffers, “Enter Sandman”, uit te voer.

Joice was drie weke gelede saam met haar man, Jaime Figueiro Neto, by die konsert by die Couto Pereira-stadion in Curitiba in die Brasiliaanse staat Parana. 

Joice en haar man het al in April 2020 die konsertkaartjies aangeskaf, maar dis twee keer weens covid-19 gekanselleer. Nuwe toerdatums is in Oktober 2021 aangekondig, maar die paartjie het geen benul gehad klein Luan sou by die konsert sy opwagting maak nie.

“Ek het gehuil en gedink: ‘Ek kan nie glo ek is hier en swanger nie.’ Toe begin die konsert en die sametrekkings.”

Joice en haar pasgebore spruit.
Joice en haar spruit. Foto: CEN/Magazinefeatures.co.za

Die sametrekkings het met elke liedjie al hoe intenser geword, vertel die tatoekunstenaar. 

Met slegs drie liedjies oor, het Joice haar man gevra om die nooddienste te bel. Haar water het op pad na die stadion se kliniek gebreek, en klein Luan is toe gebore met Metallice se treffer “Enter Sandman” wat in die agtergrond speel. 

Luan
Baba Luan. Foto: CEN/Magazinefeatures.co.za

Die rockliedjie was ook Jaime se pa, wat ’n paar jaar gelede oorlede is, se gunstelingliedjie. “My seun is aan die einde van die konsert tydens die laaste liedjie – die bekendste liedjie – gebore en dit was my pa se gunsteling.

“Daar is geen beter draaiboek vir hierdie storie nie. Ek was oorweldig deur emosie. Die liedjie het soveel betekenis vir my.”

Dit gaan goed met haar en klein “Sandman”, en boonop het James Hetfield (58), die voorsanger van Metallica, hulle gebel om hulle geluk te wens. 

Die paartjie by hul baba.
Die paartjie by hul baba. Foto: CEN/Magazinefeatures.co.za

In beeldmateriaal van die oproep hou Jaime die foon voor sy vrou terwyl ’n bulderende stem sê: “Ja, dis James.”

’n Verstomde Joice skree dan: “O my genade!” waarop die ikoniese rocker sê: “Hei, baie geluk aan julle!”

  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot’ se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”.  
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!  


Jongste uitgawe

30 Junie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees