EKSKLUSIEF: Oscar terug in Pta. ná 1ste gesprek met Reeva se pa: ‘Dit was baie moeilik’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Fb
Fb

Oscar Pistorius (35) is terug in die Atteridgeville-gevangenis buite Pretoria nadat hy eindelik vir die eerste keer sedert die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, aan haar pa, Barry, sy hart kon uitstort.

“Dit was ’n moeilike gesprek. Baie moeilik. Ek hoop net nou dat Barry effens meer verstaan wat werklik daardie aand van die tragedie gebeur het en dat daar ná die gesprek ’n mate van afsluiting is. ’n Pa het sy dogter verloor. Dit is baie, baie moeilik,” het ’n betroubare bron Vrydag aan Huisgenoot onthul.

Die bron kon nie bevestig wanneer presies Oscar teruggekeer het nie, maar wel dat Reeva se ma, June, nie die gesprek meegemaak het nie. Tania Koen, die Steenkamps se prokureur, kon ook bevestig dat die gesprek inderdaad op 22 Junie plaasgevind het. Sy wou egter nie verder daaroor uitbrei nie. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

18 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in