Minder as drie maande gelede het daar nog ’n vraagteken oor haar kop gehang. Kritici het bespiegel sy is te jonk, daar word te veel van haar verwag, en sy kan nie die druk hanteer nie.
Maar sy het haar allermins daaraan gesteur, en nou is Emma Raducanu op 18 die tenniswêreld se jongste liefling.
Emma moes vroeër vanjaar in die vierde ronde van Wimbledon onttrek weens asemhalingsprobleme, en het erken “die ervaring het my oorweldig”.