Dis ’n tragiese verhaal wat voor ’n mens se oë ontvou op die foto’s wat sy van haarself geneem het. Aan die begin van die storie is sy ’n lewenslustige jong vrou wat haar twee kinders alleen grootmaak en voluit leef.
Maar toe word sy deur kanker afgetakel – in so ’n mate dat sy ’n oog verloor – en ten spyte van haar moedige stryd was sy teen die einde van haar lewe deurtrek met gewasse.
Tog was Toni Crews vasbeslote dat haar terminale siekte nié die laaste hoofstuk in haar storie sou wees en dat haar dood nie verniet sou wees nie.