Toe die nuus bekend word dat oudpres. FW de Klerk dood is, was dit asof iemand die deur na ’n golf van gemengde gevoelens oopgesluit het.
Al het hy in die laaste jare voor sy dood aan longkanker op 85 grotendeels uit die openbare oog verdwyn, het sy laaste asem op 11 November ’n stortvloed uiteenlopende stemme laat opklink.
Hy was Suid-Afrika se oorgangspresident wat oplaas die dapper stap geneem het om Nelson Mandela ná 27 jaar in die tronk vry te laat, die verbod op die ANC op te hef en die eerste tree na ’n demokratiese, nuwe Suid-Afrika te neem, het sy voorstanders laat hoor.