Gabby (22), van Amerika, is in Augustus 2021 deur Brian Laundrie (23) vermoor voor hy in Junie verlede jaar skuld beken en toe sy eie lewe geneem het.
Polisieowerhede het verlede jaar, nadat Brian skuld in ’n brief van agt bladsye beken het, die saak gesluit. Maar nou is haar familie opnuut in ’n regsgeding met die Moab City-polisiedepartement gewikkel.
Hulle meen die polisie het ’n plig gehad om haar te beskerm, maar het hul plig versuim.