
Die borrelende 30-jarige aktrise, wat Khaleesi in die HBO-trefferreeks speel, het onlangs haar hare spierwit gekleur soos haar karakter s’n.
Sy het haar treffende transformasie op Instagram gedeel en gespot oor hoe sy verander het sedert sy die TV-reeks se “Mother of Dragons” geword het.
“My IK het gemiddeld gebly en my behoefte om naby vuurspuwende dierasies en ongemaklike sitplekke van yster te wees, het verdriedubbel,” het sy geskryf.
In nog ’n Instagram-plasing oor haar hare, het sy die kostuumontwerpers bedank; nie net omdat hulle vir haar die pruik gegee het wat haar karakter die afgelope agt jaar gedra het nie, maar vir hul hulp in haar transformasie van donkerkop tot ysblondine.
Emilia het die afgelope sewe seisoene haar natuurlike donker hare behou en ’n blonde pruik as haar karakter in Game of Thrones gedra.
Die laaste seisoen word eers laat in 2018 of in 2019 uitgesaai, iets wat aanhangers van die reeks – wat op George R.R. Martin se fantasieboekereeks gegrond is – betreur.
In die laaste episode van die sewende seisoen het Emilia se karakter en Jon Snow, vertolk deur Kit Harington, saam in die bed beland.
Hier is ’n video van Daenerys Targaryen wat rap. Geniet dit.