Gauteng-vrou ’n weduwee, enkelma op 24: ‘Ek’s stukkend, maar my kinders kom eerste’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kyla Olivier sê sy is gebroke nadat haar man, André, ’n maand gelede dood is in ’n grusame botsing. Saam met hulle is klein Keandré (tweede van links) en Leanke. Foto: Verskaf
Kyla Olivier sê sy is gebroke nadat haar man, André, ’n maand gelede dood is in ’n grusame botsing. Saam met hulle is klein Keandré (tweede van links) en Leanke. Foto: Verskaf

Meeste dae is die verlange na haar man byna ondraaglik; dan’s dit asof sy wil vlug en “sommer van die aardbol af verdwyn”. Maar elke keer, nes sy dink sy sal sowaar nie die verdriet oorleef nie, onthou sy: Sy moet terugbaklei – al is dit net om haar twee kinders se onthalwe. 

Hulle het gereeld gepraat oor die toekoms, onthou Kyla Olivier vandag die gesprekke wat sy en haar man, André, vir mekaar uitgelê het. Tog sou nie een van hulle kon verwag dat André op net 28 in ’n grusame ongeluk sou sterf nie – en dat sy op 24 jaar ’n weduwee en enkelma vir hulle twee kinders, Keandré (4) en Leanke (1), sou word nie.

“Dis nou al ’n maand sedert die ongeluk en die seer en verlange is nog steeds so erg soos daardie dag toe ek die oproep van die ongeluk gekry het,” vertel Kyla, ’n Gautengse verkoopskonsultant vir ’n klein onderneming, aan Huisgenoot

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

19 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees