Geboelie oor haar vel, maar is nou een van die invloedrykste vroue ter wêreld

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Boelies het hierdie vrou se vel vol wit vlekke voorheen met dié van ’n sebra vergelyk, maar sedertdien het sy meer as ’n miljoen ondersteuners en die titel van een van die invloedrykste vroue ter wêreld gekry.

Die bemarkingshoof Logina Salah (30), van Alexandrië in Egipte, het toe sy 13 was wit vlekke aan haar vel begin opmerk. 

Toe wit vlekke ook aan haar gesig begin vorm, het Logina geweet iets groots is fout. Sy het haar simptome begin navors en dit het met segmentele vitiligo ooreengestem, ’n seldsame veltoestand waar asimmetriese wit vlekke weens depigmentasie van die vel vorm.

Aangesien daar geen kuur vir segmentele vitiligo is nie, wou ’n bekommerde Logina haar toestand verbloem. Sy was skaam daarvoor en het met grimering begin eksperimenteer om haar vel te bedek. 

Sy het gou op grimering verlief geraak, want dit het haar selfvertroue gegee en sy wou dit heeltyd aanhou.

Logina se vitiligo het haar nie teruggehou nie en sy het ’n sakegraad behaal en ’n pos by ’n bank gekry. Maar net ’n paar maande later het sy besef grimeerkuns is haar eintlike roeping.

Logina het uit haar werk bedank en na Amerika verhuis om grimeerkuns te bestudeer. Ná drie maande het sy na Egipte teruggetrek en daar is daar weens haar vitiligo en loopbaankeuse teen haar gediskrimineer.

Mense sou sê: “Jy sal nooit as ’n grimeerkunstenaar sukses behaal terwyl jy vitiligo het nie.”

Maar Logina het hulle verkeerd bewys en ’n voltydse grimeerkunstenaar geword wat meesterklasse in grimering aanbied.

Danksy haar grimering het min mense buite Logina se familie van haar vitiligo geweet. Maar in een van haar meesterklasse het sy besluit om haar grimering af te haal en vir haar studente haar regte vel te wys – en sy sê dit was ’n bevrydende oomblik.

Sedertdien maak Logina plasings oor haar vitiligo on sosiale media, en danksy haar bemagtigende plasings oor velpositiwiteit het die Internasionale Vrouestigting haar as een van die invloedrykste vroue ter wêreld aangewys.  

Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!


Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees