Maar dis elke dag steeds hel vir Aubrey Klaasen, want dit pla dié 53-jarige huiswerker van Oudtshoorn in die Wes-Kaap dat die mens wat vir haar seun se dood verantwoordelik is, nog nie aangekeer is nie.
“Elke liewe dag bid ek vir die Here dat die skuldige na vore kom. Ek wil net vrede in my hart hê,” vertel die ma van vier aan Huisgenoot.
Sowat ’n maand gelede is haar geliefde seun Petro (Pietie) Klaasen oorkant die volstruisabbatoir op Oudtshoorn raakgery. Die bestuurder van die motor het weggejaag en die 24-jarige Pietie is met sy aankoms by die plaaslike hospitaal dood verklaar.