Die liefde oorwin alles, lui die ou gesegde, en voor jou sien jy die waarheid daarvan. Gisela Engelbrecht (47) lyk stralend in haar rok van wit satyn en kant, en langs haar bars Tertius de Jager (30) van trots in sy swart pak.
Die 50 genooide gaste sit in afwagting vir die bevestiging van ewige trou tussen man en vrou om te begin.
Reeds by die ingang na Blos Café in Pretoria se kapel is die teenwoordiges herinner aan hoe spesiaal hierdie geleentheid is, want die inligtingsbord verwelkom een en almal by die “liefdesfees”.