Voor haar geestesoog sien sy hom nog op haar stoep sit. En wanneer sy op haar sitkamerbank neersak, onthou sy hoe hulle ander kere daar in mekaar se arms gelê het.
Terwyl sy in die kombuis voor die wasbak staan, onthou sy ook hoe hy haar van agter omhels en styf teen hom vasgedruk het.
Katie Sweeney begin lag toe sy vertel hoe sy en die generaal dikwels ure lank oor die foon gesels het. Dit was intieme gesprekke, vertel sy. Ja, dáárdie soort intiem.