Die Jordaniër Alia Fares lê doodstil terwyl ’n klomp slakke oor haar gesig en nek seil en ’n silwer slymspoor aan haar vel agterlaat. Dié brunet is ’n aanhanger van en dok groot geld op vir ’n slakgesigsbehandeling, die jongste skoonheidsneiging wat wêreldwyd ál gewilder raak.
Die Jordaniese skoonheidspa-eienaar Suheil Sweidan sê die taamlik ongewone gesigsbehandeling help die vel vernuwe.
“Die slak vervaardig kollageen,” beweer hy. “Terwyl die slak oor jou vel loop, eet dit die dooie vel op, maak jou porieë oop en laat die kollageen agter.”