KYK: Daar f*k Marelize toe weer op!

akkreditasie
In ’n video wat onlangs wyd in die sosiale media gedeel is, ry die 19-jarige Marelize Horn van Windhoek fiets op ’n dolleë rugbyveld onder die wakende oog van haar ma, Heidi (48), en tref met ’n verstommende akkuraatheid die linkerpaal.

In die video klink ma Heidi se stem verslae op: “My f*k, Marelize . . .”

Nou het Marelize se ousus, Wilmari (21), nóg ’n selfoonvideo van haar kleinsus se fietskapades met Huisgenoot gedeel – en weer raak Marelize die pad heel byster.

“Draai ’n bietjie by die bome en dan vat jy ’n groot draai links,” kom Wilmari se opdrag in die video.

Maar, o f*k, Marelize draai regs!

“Wat verstaan jy nie? Nee, wat doen jy?” roep Wilmari.

Dan roep sy: “Stop, o f*k!”

  • Huisgenoot het in Windhoek by die borrelende Marelize gaan kuier, lees die volledige onderhoud in Huisgenoot se uitgawe van 14 Maart, te koop vanaf Vrydag, 8 Maart.
Jongste uitgawe

30 Junie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees