KYK: Is dit ’n teddiebeer of ’n hond?

akkreditasie
Oulik, ouliker, oulikste. En dan kry jy natuurlik Oliver.

Dié klein rakker het ’n Instagram-ster geword omdat hy soos ’n teddiebeer lyk.

Die agt maande oue spitzpoo van Oslo in Noorweë sal jou hart steel met sy swart ogies, snoetneusie en pienk tong.

Klein Oliver is Steffan Finstad en Sofie Lund se brakkie. Hulle sê mense verwar hom glo dikwels met ’n teddiebeer. Sy aanhangers is so gaande oor hom, hy spog al met 73 000 Insta-volgelinge en het selfs sy eie YouTube-kanaal. 

Volgens Daily Mail het Steffan en Sofie aanvanklik ’n cockapoo-hondjie gesoek, maar toe hulle op Oliver afkom, was hulle onmiddellik dol oor hom.

Wanneer 'n mens na Oliver se Instagram-profiel kyk, lyk dit asof hy dit geniet om in die buitelug te wees, hy kla nie as hulle vir hom uitrustings aantrek wat hom deftig laat lyk nie, hy kyk soms televisie en een van sy gunsteling-dinge is wanneer hy geborsel word. 


Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees