Nie ’n enkele wenkbrou is gelig oor al die pels op dié New Yorkse loopplank nie. Inteendeel, in hierdie modevertoning was dit die groot trekpleister.
Die wêreld se stylvolste honde het onlangs op die Hotel Pennsylvania in Manhattan toegesak vir dié New Yorkse modeskou waar honde in fabelagtige kostuums en eksotiese maskers getooi was.
Dié glansryke affêre word jaarliks gehou om saam te val met die New Yorkse Modeweek en die Westminster Kennel Club-hondevertoning, en dit als ten bate van liefdadigheid.