KYK: Kerkgangers verloor hul hart op ‘sexy dominee’

akkreditasie
Hy is die aantreklike predikant wat ook as die “sexy dominee” gedoop is nadat hy as Kupido in ’n musiekvideo verskyn het.

Die gespierde dominee werk in vyf kerke op die dorp Valenca in die noordelike Portugese distrik Viana do Castelo.

Ricardo Esteves (36) is die aantreklike leraar wat soos die James Bond-ster Daniel Craig lyk.

Ricardo Esteves.
Ricardo het vinnig bekend geraak as die “sexy dominee”. Foto: Magazine Features

Hy het verlede maand die bestuur van vyf kerke in die Portugese streek oorgeneem en is onder kerkgangers as die “sexy dominee” bekend.

Ricardo het ook die tonge laat klap nadat hy in ’n musiekvideo vir die plaaslike groep Intenso – waarin hy Kupido speel – verskyn het. In die video het die dominee ’n pyl en boog en dra wit vlerke en red ’n jong vrou van ’n demoon.

Ricardo Esteves
Die video, waarin Ricardo in ’n nat T-hemp uit die see stap, het al bykans 50 000 trefslae op YouTube. Foto: Magazine Features

Die video, waarin Ricardo in ’n nat T-hemp uit die see stap, het al byna 50 000 trefslae op YouTube gehad.

Sy voormalige gemeentelede in die munisipaliteit Caminha het ’n betoging gereël om te keer dat hy ná 10 jaar daar na Valenca oorgeplaas word, volgens die plaaslike media.

Ricardo was glo gelief onder sy gemeente in Caminha, waar hy ook as die “sexy dominee” bekend was, veral oor sy liefde vir motorfietse en die gimnasium.

Hot Priester
Ricardo is mal oor motorfietse en die gim. Foto: Magazine Features

Een kerkganger het aan die plaaslike media gesê: “Vader Esteves was perfek geïntegreer in die kerk (in Caminha) en het die afgelope 10 jaar baie ontnugterdes na die gemeente teruggebring.”

Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees