Vrou spandeer R80 000 op Kate Middleton-uitrustings

akkreditasie
’n Student en selferkende anglofiel van Bochum in Duitsland, was nog altyd gefassineer met die Engelse kultuur en tradisies van die koninklike familie.

Soveel so dat Saskia Moldenhauer (24) in haar vrye tyd soek na sogenaamde “repli-Kates” van die hertogin van Cambridge se uitrustings en sê die ma van drie voel soos haar “ousus”.

Saskia het haar hart op Kate se modesmaak verloor nadat sy ’n dokumentêr oor prins William en Kate se verlowing in 2011 gekyk het. Daarna het sy Kate se uitrustings aanlyn dopgehou waarna sy afgekom het op “repli-Kate-ing” – ’n tendens waar mense hulself daaraan wy om identiese uitrustings as die hertogin van Cambridge vir hulself te vind.

Saskia het sedert 2016 reeds 20 tot 25 uitrustings nageboots en al sowat R79 452 daarop spandeer.

“Engeland het my as kind gefassineer en ek wou Londen toe reis. Ek dink die Engelse kultuur en tradisies is wonderlik en dit sluit die koninklike familie in,” sê sy.

Saskia Moldenhauer
Foto's: Gallo Images/Getty Images en Magazine Features

“Kate voel vir my soos ’n ouer suster. Sy is baie gedissiplineerd, maar ook ’n goeie ma en sosiaal betrokke. En natuurlik is sy ’n mode-rolmodel. Ek hou die meeste van haar natuurlikheid.

“Ek is entoesiasties oor haar styl. Dit het begin met my rok vir die gradeplegtigheid wat dieselfde kleur was as Kate se verlowingsrok deur Issa – ’n diep koningsblou. En ek het ook ’n replika gekoop van die verloofring wat Diana gedra het.

“En toe ontdek ek op Instagram ek is nie al een wat versot is op Kate en Engeland nie. Ek hou daarvan om met die gemeenskap te gesels en dis lekker dat ek daar met my stokperdjie kan aanklank vind.”

Saskia sê haar klere vir universiteit het ’n koninklike gevoel gekry, en sy vind Kate se ontspanne kleredrag is ideaal vir klasloop.

“Ek is veral mal oor haar ontspanne drag, want dit kan maklik inpas met my studentelewe. Tekkies soos dié deur Superga, jeans en ’n Breton-top is baie gemaklik, perfek vir universiteit en danksy Kate het dit ’n koninklike gevoel.

“Elke vrou kan soos ’n prinses lyk en voel.”

Saskia Moldenhauer
Foto's: Gallo Images/Getty Images en Magazine Features

Die koninklike aanhanger was ook versot op Kate se onlangse aanbieding by vanjaar se Chelsea-blommeskou.

“Die tuin lyk pragtig. Ek hou van die titel “Keer terug na die natuur” en dis gepas, want Kate het elemente soos ’n klein waterval ook aangebring. Sy het gesê sy hoop om kinders en hul ouers met haar tuin te inspireer, en sy het beslis daarin geslaag, soos ons met George, Charlotte en Louis kon sien.”

Bron: Magazine Features

Jongste uitgawe

2 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees