George-verdwyning: Kinderlykie van 2-jarige gevind

akkreditasie
Ettienne en Heidi Scheepers en hul kinders Cuzette (6) en Hugo (2). Klein Hugo se lyk is blykbaar gevind. Foto: Facebook
Ettienne en Heidi Scheepers en hul kinders Cuzette (6) en Hugo (2). Klein Hugo se lyk is blykbaar gevind. Foto: Facebook

Dit volg ná Heidi Scheepers (35) en haar twee kinders, Cuzette (6) en Hugo (2), van Heroldsbaai sedert Dinsdagmiddag as vermis aangemeld is.

Heidi is glo die laaste keer gesien waar sy verby die Heroldsbaai Kafee gery het wat haar man, Ettienne, besit. Hulle het egter nooit by die huis opgedaag nie en het in ’n silwerkleurige Volkswagen Caravelle gery. Die soektog is Donderdagoggend met eerste lig "voortgesit", voeg kapt. Pojie by.

Daar is vroeër berig dat ’n gebreekte ruit en die binnekant van ’n motordeur se paneel Woensdag naby Voëlklip, ’n gewilde hengel- en uitkykpunt naby Heroldsbaai, gevind is.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees