Die man wat bestuur het, het uit die motor geklim en toe na die anderkant van die voertuig gestap om ’n fles met drinkgoed uit te haal. Terwyl hy daarvan drink, begin die motor skielik vorentoe rol.
Hy begin skree en ’n jong seun maak die agterdeur oop en klim uit, gevolg deur ’n ouer vrou.
Maar nog ’n vrou in die voorste sitplek, steeds met ’n beker in haar hand, kry nie haar veiligheidsgordel betyds los nie en bly in die motor wat dan oor die krans rol en uit sig verdwyn terwyl die res van die familie in afgryse toekyk.
Die voorval het op die Duku-hoofweg in Xinjiang gebeur en volgens die Hejing-nooddienste het die vrou wat in die motor vasgekeer was oorleef, maar ernstige heupbeserings opgedoen.
Dit wil voorkom asof die man die handrem opgetrek het, want die motor bly aanvanklik in plek. Dit lyk egter die handrem het óf gegly óf ’n kabel gehad wat meegegee het óf die vrou het dit dalk per ongeluk laat sak, want die rooi motor rol skielik vorentoe en verdwyn oor die krans.
Die man het geskree die insittendes moet uitklim terwyl hy probeer keer dat die motor vorentoe beweeg. Dit het toe oor die rand gerol.
Mense het opgemerk dat die persoon in die passasiersitplek steeds ’n beker vasgehou en dit nie weggegooi het of gelyk het of hulle hulself probeer red nie, maar ander reken sy was bloot te geskok om iets te doen.
Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.