Goeie nuus vir kultuur- en feesgeeste: KKNK keer terug ná twee jaar se uitstel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Daar word vanjaar weer heerlik feesgevier in die Karoo met die terugkeer van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees.
So het dit in die verlede by die KKNK gelyk. Foto:
So het dit in die verlede by die KKNK gelyk. Foto: Huisgenoot/Peet Mocke

Nadat die gewilde fees vir twee jaar afgestel is weens die pandemie, het die KKNK-direksie Donderdag bekendgemaak dat dit vanjaar wel sal plaasvind. 

“Ons is verheug oor die geleentheid om ná twee jaar weer op Oudtshoorn te kan feesvier. Hoewel ons oor die afgelope tyd, terwyl die fees nie kon plaasvind nie, hope digitale vermaak aan feesgangers gebied het, is daar niks beter as om die KKNK in Oudtshoorn se natuurskoon en met Klein Karoo-gasvryheid in lewende lywe te ervaar nie,” het Crispin Sonn, voorsitter van die KKNK-direksie, in ’n verklaring gesê. 

Op hul amptelike Facebook-blad is ook aangekondig dat die formaat van vanjaar se fees anders gaan lyk as voorheen en daar sal ook ’n inentingsmandaat toegepas word. Die fees sal vir die 26ste keer aangebied word. 

Sedert die uitbreek van die pandemie in 2020 en die kansellasie van daardie jaar se fees, het die KKNK ander planne beraam om steeds inhoud by getroue feesgangers uit te kry. 

In 2021 is ’n reeks virtuele praatjies en geleenthede aanlyn gehou. 

Die KKNK het ook in Desember en Januarie vier teaterstukke wat op kamera vasgevang is op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai. Die vier stukke was Rachelle Greeff se Die Naaimasjien, Philip Rademeyer se Opdrifsel, Antjie Krog se vertaling van Koningin Lear en Reza de Wet se Asem met vertaling deur Marthinus Basson. 

Die volledige feesprogram sal einde Februarie bekendgestel word. 

Ná 2 jaar se afwesigheid vanweë covid-19, keer die
Ná 2 jaar se afwesigheid vanweë covid-19, keer die KKNK weer terug.

Bron: Facebook

Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!


Jongste uitgawe

26 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees