Hartseer nuus oor Game of Thrones se Maester Aemon

akkreditasie
Peter Vaughan (93), bekend as Maester Aemon in die TV-reeks Game of Thrones, het Dinsdagoggend vreedsaam gesterf. Sy familie was by hom.

Die nuus is deur sy agent, Sally Long-Innes, bekendgemaak.

Peter het in sy leeftyd in 222 produksies, van flieks tot televisiereekse, verskyn. Van die bekendstes is The French Lieutenant’s Woman met Meryl Streep, The Remains of The Day met Anthony Hopkins, Les Misérables, An Ideal Husband, The Life and Death of Peter Sellers en Straw Dogs.

Sy loopbaan in die vermaakwêreld het meer as ses dekades beslaan. Maar sy rol in Game of Thrones het alles tot dusver oorskadu.

Bronne: imdb.com, burtonmail.co.uk

Jongste uitgawe

26 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees