As iemand op ’n dieet jou vertel hulle “eet niks”, oordryf hulle. Hulle bedoel hulle eet net baie min. Maar wanneer Francois de Ridder jou vertel hy “eet niks”, bedoel hy dit letterlik. Hy eet régtig niks.
Toe hy ’n ruk terug die skaal op ’n stewige 238,8 kg laat bewe het, het hy besef hy word deur die dood in die gesig gestaar. Een oggend in Oktober 2021 het hy ’n rolstoel in sy woonkamer sien staan.
En dié? het hy verbaas vir sy vrou gevra. Dit is vir jou, het sy geantwoord. “Want jy is op pad uit.” In daardie stadium kon hy reeds sewe jaar lank net met die hulp van krukke oor die weg kom. Sy bene kon lankal nie meer sy gewig dra nie.