En dit boonop in ’n gewilde winkelsentrum waar mense met perfekte hare, naels, grimering, uitrustings en inkopiesakke van Forever New rondloop?
Ongehoord.
Dis immers ongeskrewe wetgewing dat niemand in uitgaanklere in Kaapstad soos ’n besetene hardloop nie. Nee, jy hardloop nét met jou drafklere en dan moet dit boonop op die promenade in Seepunt wees.